Inligting
SimFini is dié finansiële bestuursprogram vir die hedendaagse boer en besigheid.
- SimFini is Microsoft Windows gedrewe.
- SimFini sluit 'n grootboek, krediteure, debiteure, 'n bateregister en begrotings in.
- Fakture en kwitansies kan aan debiteure uitgemaak word.
- Voorraadbeheer en lewendehawetabelle word ook in SimFini voorsien.
- 'n Vervaardigingsfunksie is beskikbaar waarmee bestaande voorraad items kan omskep word na 'n nuwe voorraad item toe.
- Die begrotings kan vir 'n tydperk tot 5 jaar opgestel word.
- Die opsionele modules sluit die volgende in:
* Die invoer van eksterne data soos bv Duetverkope en krediteurrekeninge.
* Data Unie is 'n module wat die data van verskillende datastelle saamvoeg na een datastel toe.
- Daar is geen beperking op die hoeveelheid rekeninge, subrekeninge, vertakkings, konsolidasiegroepe en konsolidasierekeninge wat opgestel kan word nie.
- Die jaarafsluitings is opsioneel en die inligting kan weer herroep word.
- Daar is opsionele periodeafsluitings vir BTW doeleindes.
- Openingsbalanse kan enige tyd ingesleutel word, of aangepas word, mits daar geen jaarafsluiting gedoen was nie.
- Volledige rekonsiliasies kan op bankrekeninge, kredietkaarte, krediteure en debiteure gedoen word.
- Sekuriteite kan nou ook op CD, of enige plek op die hardeskyf, USB skyf of enige plek op 'n netwerk, geneem word.
Verkooppuntprogram (Point of Sale)
- Verkooppuntprogram is 'n aparte program wat net saam met SimFini gebruik kan word.
- Data word elektronies tussen SimFini en Verkooppunt oorgedra.