Inligting
Duet is 'n bestuursprogram vir die bemarking van geproduseerde items.
- Duet is Microsoft Windows gedrewe.
- Alle produkte wat gelewer word, word aan 'n produksie-eenheid soos 'n land of 'n blok gekoppel.
- Duet is aan Technofresh gekoppel sodat u elektronies alle marktransaksies in Duet kan intrek. Kliek op die Technofresh icon vir meer inligting.
- Onbeperkte lande of blokke kan aan 'n plaas gekoppel word.
- Daar is geen limiet op die aantal gewasse, grade en verpakkings wat opgestel kan word nie.
- Vervoerkoste, verpakkingskoste ens. word in berekening gebring as dit opgestel is.
- Voorraadkontrole kan van alle verpakkingsitems gehou word.
- Onbeperkte markagente met onbeperkte aflewerings adresse kan opgestel word.
- Gemiddelde verkooppryse word vir alle gewasse bereken.
- Duet monitor onverkoopte hoeveelhede en hou rekord van vernietigde produkte.
- Onbeperkte afleweringsnotas, produkverkope en betalings kan ingevoer word.
- Seisoenafsluitings kan op individuele gewasse en lande gedoen word.
- Duet hou rekord van loswerkers en hulle stukwerk wat hulle gedoen het.
- Rekord word gehou van alle paletbewegings.
- Daaglikse markpryse kan ingevoer word.
- Evaluasies kan op agente gedoen word, volgens gebruikers opgestelde mikpunte.