Inligting
Saaiplan is ontwikkel as 'n beplanning en rekordhouding program vir gewasproduksie.
- Saaiplan is Microsoft Windows gedrewe.
- Detail en opgesomde rekordhouding kan per seisoen gedoen word.
- Grondontleding, kalk, bemesting, saad, plantbeskerming, onkruiddoders, indirekte koste, verkope en ander inkomstes word gebruik om die gewas seisoen te beplan.
- Plase, groepe en landrekords is deel van die beplannings proses.
- Beplanningsrekords en werklike transaksies kan vergelyk word.
- Saaiplan laat u toe om 'n globale en detail beplanning te doen.
- Sekuriteite kan nou ook op USB skyf, of enige plek op die hardeskyf of enige plek op 'n netwerk, geneem word.