Inligting
SimJunior is dié finansiële program vir die kleinboer en enige ander klein besigheid.
- SimJunior is Microsoft Windows gedrewe.
- SimJunior sluit 'n grootboek, krediteure, debiteure en baterekeninge in.
- Die opsionele modules sluit die volgende in:
* Die invoer van eksterne data soos bv. krediteurrekeninge, Duet verkope en betalings.
- Daar is geen beperking op die hoeveelheid rekeninge, subrekeninge en vertakkings wat opgestel kan word nie.
- Jaarafsluitings kan gedoen word en die inligting kan weer herroep word.
- Daar is periodeafsluitings vir BTW en maandeinde doeleindes.
- Verkillende verslae soos inkomstestate, balansstate en BTW verslae is beskikbaar en kan vir 'n gespesifiseerde tydperk gedruk word.
- Openingsbalanse kan enige tyd ingesleutel word, of aangepas word, mits daar geen jaarafsluiting gedoen was nie.
- Volledige rekonsiliasies kan op bankrekeninge, kredietkaarte, krediteure en debiteure gedoen word.
- Sekuriteite kan nou ook op CD, of enige plek op die hardeskyf, USB skyf of enige plek op 'n netwerk, geneem word.